WELKOM BY DIE COMMUNITAS FAMILIE
NG KERK MIDRAND

DIE DOOP

 Die doop is nie ‘n teken van ons eie geloof in die eerste plek nie, maar eerder ‘n teken van God se ewige belofte aan ons. Dit word ook die verbondsdoop genoem, omdat dit ‘n teken is van God se verbond (belofte) aan ons.  Die verbond is ‘n belofte wat God aan Abraham duisende jare gelede gemaak het dat God belowe het om Abraham en sy nageslag se God te wees. Vandag vier ons die genade dat ons ook hierdie belofte van God af ontvang, want deur Jesus is ons elkeen ook nou deel van God se verbondsfamilie. Die doop is nie iets wat ons verdien nie, maar ‘n viering van die geskenk wat ons van God af kry.

Genesis 17:3-8
Die besnydenis as verbondsteken
3.  Abram het op sy knieë geval, en toe sê God vir hom:
4. “Dit is my verbond met jou: jy sal die vader wees van 'n menigte nasies:
5.  jy sal nie meer Abram genoem word nie, jou naam sal Abraham wees. want Ek maak jou
    die vader van
 baie nasies.
6.  Ek sal jou baie vrugbaar maak, Ek sal jou tot nasies maak en konings sal uit jou
     voortkom.

7. “Ek bring ‘n verbond tot stand tussen My en jou en jou nageslag en al hulle geslagte. Dit
     is ‘n blywende
 verbond: Ek sal jou God wees en ook die God van jou nageslag.
8.  Ek gee aan jou en jou nageslag die land
 land waar jy as vreemdeling woon, die hele
     Kanaän, as ‘n blywende besitting, en Ek sal hulle God wees.”

 

Ek wil my kind doop