WELKOM BY DIE COMMUNITAS FAMILIE
NG KERK MIDRAND

Communitas beteken ‘Gemeenskap’ / ‘Community’ in Latyn.
Communitas NG Kerk Midrand is vir almal! 'n Hegte gemeenskap, skool, kerk  en familie in Midrand!
Mense van alle ouderdome en agtergronde is welkom!
Ons lei ons gemeente om hulle verhouding met God te versterk en verdiep deur die leer van Christus.
Die ou “Halfway House” tussen Johannesburg en Pretoria het oor die afgelope halfeeu gegroei tot Midrand, ‘n nuwe ontluikende stad tussen die groot stede.
NG Gemeente Halfweghuis is gestig op 14 Mei 1969 in Kerk straat, Midrand.
In 2017 verhuis ons gemeente na Crowthorne en verander ons ons naam na NG Kerk Midrand.
Ons het 'n lang, trotse geskiedenis van die begeleiding van die mense van Midrand en sien uit om die gemeenskap aan te hou dien deur liefde.
Kontak ons gerus om uit te vind oor hoe om deel te word van die Communitas NG Kerk Midrand familie.