Waar kom ons vandaan?

Ons gemeente (voorheen NG Kerk Halfweghuis genoem) het 14 Mei 1969 afgestig van die NG Kerk Olifantsfontein, in Midrand. Daarna was ons adres vir 47 jaar by Kerkstraat 50 in Halfway House in die destydse middedorp van Midrand.  Die twee erwe vir hierdie kampus is reeds in 1953 gekoop vir hierdie doel. Hier hou ons vir jare lank kerk totdat die area te raserig en kommersieël raak a.g.v. die bou van Gallagher Estate en ‘n taxi-staanplek op ons agterstoep. Ons begin met die proses van verkoop van ons ou perseel, wat vyf jaar lank neem. 

Waar is ons nou?

Op 1 November 2016 betrek ons ons nuwe kampus by 18 Jupiterlaan in Crowthorne, Midrand, ‘n 4.5ha plot.  Ons hou ons eerste erediens hier op 1 Januarie 2017.  Op 1 Junie 2018 skuif ons pastorie van Eastbourneweg 103 ook na die nuwe kampus.  Ons hou vir nou eredienste in die skuur, maar is al ver in die beplanning van ons nuwe kerkgebou/gemeenskapsentrum/skoolsaal, saam met ons argitekte. Ons hoop om volgende jaar grond te breek.

Ons skole, skep ‘n nuwe gemeenskap vir Afrikaanse Midranders

Na die sluit van die Afrikaanse opsie by ons plaaslike skole in 2002 besluit ons in 2012 om ‘n Afrikaanse skool te begin, wat in 2013 oopmaak. Die doel is om die Afrikaanse gemeenskap in Midrand te dien.

Vandag het ons ‘n volwaardige Babasentrum, Kleuter-, Laer- & Hoërskool.

Ons kry ‘n manier om ons almal (kerk en skole) een naam te noem: Communitas, wat “gemeenskap” in Latyn beteken.

Kom saam in ‘n voëlvlug oor ons nuwe tuiste:

Jupiterlaan 18

Crowthorne, Midrand

011 024 2430

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on email